Iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet die joernalis Alex Derksen vir Ranna, 'n vryskutfotograaf wat nie oor haar verlede wil praat nie. Wanneer die lyk van 'n IT-biljoenêr na vloede op 'n strand uitspoel, blyk dit Ranna is met rede geheimsinnig. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang?